Seun

Koning Chulalongkorn van Siam (heel regs) met enkele van sy seuns by Eton-kollege in 1897 (die Koning het 33 seuns gehad).
'n Seun hardloop na sy pa.
'n Groepie seuns in Xinjiang, China.

'n Seun is 'n manlike kind (spruit), ongeag ouderdom, en die woord beskryf die verhouding tot die ouers in 'n familie. Die vroulike ekwivalent is 'n dogter.

Voor industrialisasie, en in sommige landbou-gebaseerde ekonomieë, is daar 'n hoër waarde aan seuns as aan dogters geheg, omdat seuns fisies sterker was en beter met die landbou kon help.[1] In heelwat gemeenskappe sal seuns tradisioneel eerste erf, voor dogters.

  1. The International Center for Research on Women (ICRW). http://www.icrw.org/files/publications/Son-Preference-and-Daughter-Neglect-in-India.pdf Geargiveer 6 Julie 2011 op Wayback Machine Op 18 Julie 2011 besoek.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search